Tifoon eis lewens in Japan

Foto: AFP

Foto: AFP

Minstens 14 mense is dood en 37 word vermis nadat die tifoon Wipha Japan getref, en die hoofstad Tokio ook erg deurgeloop het.

Die storm sal na verwagting vandag verswak en as tropiese storm voortwoed. Veral die eiland Izu Oshima, sowat 120km van Tokio af, het erg deurgeloop: riviere is oorstroom en baie huise is verwoes. Windsnelhede van tot 180km/h is gemeet, en 20 000 mense moes na veiligheid gebring word. Sowat 400 vlugte van Tokio af is gekanselleer.

Volgens die Japannese regering kom storms van hierdie aard gemiddeld een keer elke tien jaar voor.

Bronne: ANP en AFP

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.