Tiger Brands ontken dat brood giftig is vir witmense

Een van Suid-Afrika se grootste voedselvervaardigers, Tiger Brands, het bewerings ontken dat daar gif in sy brood is wat glo bedoel is om witmense siek te maak.

ʼn Aanlynboodskap is die afgelope paar dae rondgestuur waarin ‘n beroep gedoen word op witmense om nie die naweek Albany-brood te koop nie aangesien dit gif bevat. ʼn Woordvoerder van Tiger Brands, Vasu Naidoo, sê hulle is bewus van die boodskap en ʼn volledige ondersoek is van stapel gestuur om die oorsprong daarvan te bepaal. Naidoo sê die bewerings is ongegrond en verbruikers hoef nie bekommerd te wees oor die gehalte van hulle produkte nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.