Misdaadintelligensiebeamptes en die Valke het Donderdag ‘op ‘n tik-laboratorium in ‘n huis in Wespark, Pretoria, toegeslaan.
‘n Nigeriër het glo die huis gehuur en vervaardag al die dwelmmiddel vir die afgelope jaar, berig EWN. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle probeer tans die huurder opspoor. “Ons het op verskeie chemikalieë, insluitend methamphetamien, afgekom. As mens na die toerusting kyk, kan ons met vertrou sê dat die verdagtes ‘n multimiljoen randse projek bedryf het,” het Naidoo gesê.