Time: “Oscar Pistorius en Suid-Afrika se kultuur van geweld”

Die voorblad van Time se nuutste uitgawe.

Oscar Pistorius verskyn op die voorblad van die Maart-uitgawe van die gesaghebbende nuustydskrif Time waarin daar berig word oor Suid-Afrika se “kultuur van geweld.”

Pistorius verskyn op die voorblad van die tydskrif in die VSA, Asië, Europa, die Midde-Ooste en Afrika. Op die voorblad staan: “Man. Superman. Gunman.” Volgens die tydskrif se webtuiste is daar ook ʼn artikel van ses bladsye getiteld: “Oscar Pistorius en Suid-Afrika se kultuur van geweld.” In die artikel word daar onder meer na Pistorius se verweer verwys dat “[Reeva] Steenkamp die tragiese slagoffer is van ‘n rasverdeelde samelewing waarin vrees en wantroue so algemeen is dat inwoners eers skiet en later vrae vra.”

Die artikel word afgesluit met: “Daar is ‘n moraal tot hierdie Suid-Afrikaanse stories. ʼn Nasie wie se rasse-versoening selfs vandag nog beskou as ‘n voorbeeld vir die wêreld, is in die werklikheid al hoe meer gevaarlik verdeel deur misdaad. Pa verkrag dogter. Ma vergiftig seuns. Ikoon skiet voorbladmeisie.”

Pistorius het reeds verskeie kere op Time se lys van die 100 mees invloedryke mense ter wêreld verskyn. Pistorius was verlede jaar die enigste Suid-Afrikaner op die lys.

Pistorius word aagekla van die moord op Steenkamp op Valentynsdag. Hy is tans uit op borgtog van R1 miljoen en moet weer op 4 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tante Afrikana ·

Gaan lees die artikel….spul aanmekaar gelapte stories….geen deeglike navorsing nie. Lees ook Sunette Bridges se repliek op die artikel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.