Tina ontken bydrae vir ‘Zumaville’

Tina Joemat-Pettersson. Foto: GCIS

Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het gister ontken dat haar departement R800 miljoen vir “Zumaville” begroot het.

Joemat-Pettersson moes bontstaan om vrae van lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en visserye te antwoord. Die vrae is gevra na aanleiding van koerantberigte wat beweer dat die departement R800 miljoen vir opknappings aan pres. Jacob Zuma se wonings in Nkandla in KwaZulu-Natal begroot het. “Daar is geen R800 miljoen wat opsygesit is nie, geen R100 miljoen wat toegeken is nie, so as sekere politieke partye soos die Demokratiese Alliansie en die media landbou wil bestuur… ons sal nie toelaat dat ons agenda deur die DA en die media opgestel word nie,” het Joemat-Pettersson gesê. Haar uitlatings het gevolg ná LP’s van verskeie partye haar gevra het om aan te dui of haar departement fondse vir Zuma se woning opsygesit het ten koste van arm landelike gebiede. “Sê vir ons hoeveel geld jy opsygesit het om die president se belange te dien ten koste van die algemene publiek van Suid-Afrika?” het die Cope-LP Nqaba Bhanga gevra. Joemat-Pettersson het enige bewerings dat haar departement geld aan die Nkandla-projek sou skenk bestempel as “gerugte wat van alle waarheid ontbloot is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.