Tintin kry teenspoed oor kolonialisme

Die gewilde strokiesheld, Kuifie, of ook bekend as Tintin, het in Swede teenspoed gekry weens “onaanvaarbare kolonialisme in die huidige era.”

Die boek is van die rakke van die grootste kinderbiblioteek in die land, die Kultuurhuis van Stockholm, verwyder.

Veral die avonture van Kuifie in Afrika gee aanstoot, aldus die personeel.

Teenstanders van die besluit vind dit ironies dat Swede, een van die voorste lande vir die uitleef van spraakvryheid, so ‘n optrede sou oplewer.

Onder die alternatiewe voorstelle tel die invoeging van ‘n bladsy wat die huidige politiek-korrekte situasie uitspel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.