‘Titanic II sal in 2016 sy eerste vaart onderneem’

ʼn Australiese miljardêr sê hy sal ʼn replika van die Titanic vervaardig wat in 2016 van Engeland na New York sal seil.

Clive Palmer het Maandag, kort na die 100 jaar herdenking van die sink van die oorspronklike Titanic, aangekondig dat hy ‘n memorandum onderteken het met ʼn Sjinese-maatskappy om Titanic II te bou. “Dit sal net so luuks soos die oorspronklike Titanic wees maar sal die allernuutste tegnologie, navigasie en veiligheidsstelsels bevat.” Meer as 1 500 mense is dood nadat Titanic in April 1912 tydens sy eerste vaart ʼn ysberg getref en gesink het.

Palmer sê vorige pogings om ʼn replika van die Titanic te bou is in die wiele gery weens ʼn gebrek aan fondse. Hy sê ʼn geskiedkundige navorsingspan staan argitekte by met die ontwerp van die Titanic II. Palmer sê die nuwe skip sal ook vier rookstapels hê soos sy voorganger maar dat dit slegs vir dekoratiewe doeleindes sal wees. Hy sê die grooste veranderinge sal onder die waterlyn wees. Palmer sê Titanic II se eerste vaart sal ook van Engeland na New York wees, soos die oorspronklike.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.