Titanic-viool opgespoor

Die kapelmeester van die Titanic se viool

‘n Afslaer in Brittanje beweer hulle het die viool opgespoor wat deur die kapelmeester van die Titanic bespeel is toe die skip gesink het.

Oorlewendes van die Titanic het gesê hulle onthou hoe die orkes, wat deur Wallace Hartley gelei is, bly speel het toe passasiers in reddingsbote geklim het nadat die skip ‘n ysberg getref het. Hartley se viool het in die 1912-ramp vermis geraak, maar afslaers Henry Aldridge & Seun sê hulle het in 2006 op ‘n viool afgekom. Dié viool is deur verskeie streng toets en hul beskik nou oor die bewyse dat dit aan Hartley behoort het.

Die afslaers sê hulle het die afgelope sewe jaar en duisende ponde spandeer om die watergevlekte viool se oorsprong op te spoor. Verskeie kenners, insluitend forensiese wetenskaplikes van die staat en Oxford-universiteit is ook genader. Die viool sal binnekort by die Belfast-stadsaal uitgestal word. Die Titanic is glo skaars ‘n myl vandaar gebou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.