Titanic-viool vir miljoene opgeveil

Die kapelmeester van die Titanic se viool

Die kapelmeester van die Titanic se viool

’n Viool, wat vermoedelik aan die kapelmeester aan boord van die Titanic behoort het, is vandag vir 1,45 miljoen Amerikaanse dollar op ’n veiling verkoop.

Die kapelmeester, Wallace Harley, het die viool as verlowingsgeskenk van sy verloofde, Maria Robinson, ontvang. Wallace was onder die meer as 1 500 slagoffers van die bootramp op 14 April 1912.

Die viool kan nie meer gespeel word nie, aangesien die seewater al die metaaldele van die instrument laat verweer het, maar die gravering op die viool, “For Wallace on the occasion of our engagement from Maria” kan steeds uitgemaak word.

Oorlewendes van die Titanic het gesê hulle onthou hoe die orkes, wat deur Wallace Hartley gelei is, bly speel het toe passasiers in reddingsbote geklim het nadat die skip ʼn ysberg getref het. Hartley se viool het in die 1912-ramp vermis geraak, maar afslaers Henry Aldridge & Seun sê hulle het in 2006 op ʼn viool afgekom. Dié viool is deur verskeie streng toetse en hul beskik nou oor die bewyse dat dit aan Hartley behoort het.

Lees ook:

Titanic-viool opgespoor

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.