Titans kry nuwe borg

Die Titans-krieketspan wat in Pretoria by SuperSport-park gestasioneer is, se nuwe borg is Maandag amptelik bekend gestel.

Die nuwe borg is Ctrack, ʼn maatskappy van Pretoria wat voertuie kan opspoor en vloot-voertuie bestuur. Hulle het Maandag amptelik hul vennootskap met die krieketspan aangekondig.

Nick Vlok, uitvoerende hoof van DigiCore wat Ctrack vervaardig, het Maandag gesê die maatskappy het die behoefte gehad om in hul plaaslike krieketspan en gemeenskap te belê, en te ondersteun.

“Krieket is ʼn groeiende sport in Suid-Afrika en die gewildheid daarvan groei by die dag met meer as sewe miljoen Suid-Afrikaners wat alreeds die sport ondersteun,” het Vlok gesê.

Die borgskap bied span-assosiasie, die opstel van Ctrack se handelsmerk by SuperSport-park en gasvryheidsgeleenthede vir Ctrack se kliënte en vennote in.

Ctrack se handelsmerk sal vir die eerste keer op die span se uitrustings verskyn tydens die eKasi-uitdaging, wat op 23 Augustus in Mamelodi afskop wanneer die Unlimited Titans die Lions die stryd gaan aansê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.