Titans se uitvoerende hoof sterf

Elise Lombard, uitvoerende hoof van die Northerns-krieketunie (Titans), is Donderdag oorlede.

Krieket Suid-Afrika het Lombard se afsterwe op Twitter bevestig: “Our sincerest condolences go out to the loved ones of @Nashuatitans CEO Elise Lombard, who passed away today. Big loss to SA Cricket. RIP.” Volgens berigte is Lombard dood aan ʼn hartaanval. Medelye stroom intussen in op sosiale netwerke. Vaughn van Jaarsveld, kolwer vir die Dolphins, het op Twitter gesê: “RIP elise lombard condolences to her family and friends…may the LORD hold you in his hands now..” Die voormalige Proteas draaibouler, Pat Symcox, het gesê: “RIP Elise Lombard!what a lady since my debut for Northerns in 1983!Signed my first bonus cheque that season…R4,63!Great loss to SA cricket.” Die Proteas se voormalige paaltjiewagter, Mark Boucher, het ook sy medelye betoon: “My condolences go out to the family and friends of Elise Lombard from Titans Cricket.She will be missed by all!!”

Lombard was met haar aanstelling in 2006 die eerste vrou om só ‘n pos by ‘n provinsiale krieketliggaam te beklee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.