Die verkiesingshof in Bloemfontein het vanaand in vyf gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom se guns beslis nadat die klaers met ’n hofgeding teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie begin het.
Regter Kenneth Nthiyane het aanbeveel dat die tussenverkiesings in wyke 1, 4, 11, 12 en 20 uitgestel word. Nthiyane het verder beveel dat ’n volledige ondersoek teen John Makodi, ’n OVK-amptenaar gedoen word. Makodi word daarvan beskuldig dat hy Aaron Mhlope, Johanna Xaba, Beauty Dikupe, Catherine Molefe en James Zicina se dokumente versteek en so hul diskwalifikasie as kandidate in die verkiesing bewerkstellig het.
Die oorblywende drie wyke se verkiesings sal wel môre voortgaan
Julle is YSTERS manne en vroue by Maroela Media! Baie dankie vir die puik werk!