Tlokwe-tussenverkiesingshofgeding: Verkiesings in vyf wyke uitgestel

Tlokwe verkiesingDie verkiesingshof in Bloemfontein het vanaand in vyf gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom se guns beslis nadat die klaers met ’n hofgeding teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie begin het.

Regter Kenneth Nthiyane het aanbeveel dat die tussenverkiesings in wyke 1, 4, 11, 12 en 20 uitgestel word. Nthiyane het verder beveel dat ’n volledige ondersoek teen John Makodi, ’n OVK-amptenaar gedoen word. Makodi word daarvan beskuldig dat hy Aaron Mhlope, Johanna Xaba, Beauty Dikupe, Catherine Molefe en James Zicina se dokumente versteek en so hul diskwalifikasie as kandidate in die verkiesing bewerkstellig het.

Die oorblywende drie wyke se verkiesings sal wel môre voortgaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GB ·

Julle is YSTERS manne en vroue by Maroela Media! Baie dankie vir die puik werk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.