Tlokwe-vergadering kortgeknip ná DA uitstap

Annette Combrink, burgemeester van Tlokwe-munisipaliteit

Annette Combrink, burgemeester van Tlokwe-munisipaliteit

Die speaker van die Tlokwe-munisipaliteit in Noordwes moes glo ‘n raadsvergadering stopsit nadat die opposisie, gelei deur die DA, uitgestap het, het Beeld Saterdag berig.

“Die vergadering is Vrydag stopgesit toe die opposisie uitgestap het en daar nie meer ‘n kworum was nie,” het Dakota Legoete, hoofsweep van die ANC in Tlokwe, gesê. Legoete het aan die koerant gesê die opposisie het ‘n dispuut oor die munisipale bestuurder gebruik om die vergadering te beëindig, aangesien hulle ‘n mosie van wantroue in die DA-burgemeester, Annette Combrink, wou verhoed.

Neels Coetzer, DA-sweep, het gesê dit was nie nodig om die vergadering stop te sit bloot omdat daar ‘n verskil oor ‘n enkele kwessie was nie. “Ons kon met ander kwessies voortgegaan het. Ons het nie ‘n besluit geneem oor die munisipale bestuurder nie, aangesien ons onseker was oor sekere regsaspekte,” het Coetzer gesê.

Maphetle Maphetle, voormalige ANC-burgemeester, is twee keer ontsetel nadat ANC-raadslede saam met die opposisie gestem het om hom met Combrink te vervang.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.