TLU: ‘Plaasaanvalle moet prioriteitsmisdaad wees’

Die landbou-organisasie TLU SA het Dinsdag gevra dat plaasaanvalle as ‘n prioriteitsmisdaad geklassifiseer moet word.

“Ons moet bevestig of landelike veiligheid regtig op grondvlak as ʼn prioriteit beskou word, want ons kry nie die indruk nie,” het Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, gesê. Van Zyl het die uitlating gemaak tydens ʼn vergadering wat deur TLU SA gereël is om plaasmoorde te bespreek, wat volgens die organisasie ’n geweldige toename getoon het sedert die begin van die jaar. TLU SA se adjunk-president, Henry Geldenhuys, sê die minister van polisie, Nathi Mthethwa, sou ook ʼn spreekbeurt by die vergadering gehad het, maar het glo nie opgedaag nie. Hy sê dit is rede tot kommer. “Plaasmoorde kan nie teen die huidige tempo voortgaan nie….is dít die kommer wat die polisie en die departement hiervoor het?”. Die minister se woordvoerder, Zweli Mnisi, sê egter hulle is nie na die vergadering genooi nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.