TLU-SA kap Cosatu en ANC oor nasionalisering, grond

Die Transvaalse Landbou-Unie (TLU-SA) sê Cosatu se erkenning dat ʼn ANC-taakspan aangestel is om nasionalisering en die implementering daarvan te ondersoek, bewys dat die regerende party blatant lieg.

Die president van TLIU-SA, Ben Marais, sê dit is duidelik dat wat die ANC-jeugliga kwytraak wel ernstig opgeneem moet word. “Nasionalisering is ʼn feit wat deur beide die ANC en Cosatu ondersteun word en is waarskynlik op die SACP se kommunistiese agenda geskoei.” Dit kom nadat ʼn ekonoom van Cosatu, Chris Malekane, vroeër gesê het nasionalisering sal plaasvind en dat dit net die manier waarop dit gedoen sal word, wat ondersoek verg. Malekane het ook gesê dat grond ʼn natruurlike bate is wat deur die staat besit word en dat boere dit moet bewerk. Hy meen dis om dié rede dat daar geen vergoeding vir grond behoort gegee te word nie. Marais het in reaksie hierop gesê dat indien daar nie vergoeding betaal word vir grond nie boere “geteiken en vernietig” sal word. “Is dit die rede hoekom niks aan plaasmoorde gedoen word nie?” het Marais gevra. “Is elke boer wat doodgemaak word een minder probleem om te hanteer?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.