TLU SA lê klag teen Ehrenreich oor gronduitsprake

TLU SA het strafregtelike klagte teen Tony Ehrencreich, hoofsekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, aanhangig gemaak.

TLU SA sê in ʼn mediaverklaring dat Henk van de Graaf, die organisasie se asstistent-hoofbestuurder, die aanklagte by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria aanhangig gemaak het. Die klag kom nadat Ehrenreich in mediaberigte aangehaal is waar hy gesê het dat boere wat hulle werkers afdank, se grond van hulle afgeneem gaan word. Van de Graaf sê Ehrenreich het ook in Januarie vanjaar gedreig dat ’n grondoorlog op pad is. “TLU SA en sy lede is van mening dat dit neerkom op intimidasie, en dat dit selfs gewelddadige afneming van plase impliseer, aangesien daar geen statutêre proses bestaan waardeur plase sommer net afgevat kan word nie,” sê Van de Graaf. “Waar Ehrenreich ook met vorige stakings in die landboubedryf betrokke was, wat tot geweld gelei het en waardeur boere geweldige skade gelei het, is TLU SA van mening dat uitsprake soos hierdie ook neerkom op aanhitsing tot geweld teen boere en hulle eiendom en dat die saak gevolglik volledig ondersoek moet word ten einde vervolging te kan instel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.