TLU SA: ‘Prysverhogings kan voedselsekerheid bedreig’

TLU SA sê die elektrisiteit en brandstofprysverhogings, die verhoging van die minimumloon vir plaaswerkers en die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë is slegte nuus vir die landboubedryf en kan voedselsekerheid in die land bedreig.

Louis Meintjies, president van TLU SA, sê al die prysverhogings sluit ook ʼn toename in belastinginkomste in waarby die staat baat. Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat die prys van brandstof volgende week met 81c per liter styg. Nersa het Donderdag aangekondig dat elektrisiteitspryse met 8% gaan styg vir die volgende vyf jaar. Mildred Oliphant, die minister van arbeid, het vroeër aangekondig dat die minimumloon vir plaaswerkers van R65 tot R105 per dag verhoog is. “Aan die ander kant bly die boer ’n prysnemer, wat beteken dat hy nie sy produkte se pryse kan aanpas om al hierdie bykomende belastings te akkommodeer nie. Van die boer word verwag om maar net te betaal en in te lewer. Waar georganiseerde landbou al lankal pleit vir ’n aanpassing van die dieselrabat, sodat boere in belang van voedselsekerheid winsgewend kan bly boer, word sodanige billike versoeke bloot geïgnoreer,” sê Meintjes.

“Die regering moet kennis neem dat as hy nie op een of ander manier die boere tegemoet gaan kom met hierdie hele pakkie van bykomende verhogings en belastings nie, dit rampspoedige gevolge vir die land se voedselsekuriteit en die landbou-ekonomie gaan inhou,” waarsku Meintjes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annebe Schoeman ·

Moenie eens praat van die vleis nie…..ons het verlede jaar R23.50/kg gekry vir lammers, hierdie jaar, na al die verhogings en dan nog dip en dose wat ook duurder word, kry ons maar R20/kg(dis AS jy dit verkoop kry)!! Hou op vleis invoer wat boere knak!!!! Hoekom noet skaapvleis ingevoer word as daar nie mark is vir sa boere se skape nie!! Hoekom moet wildsvleis van oa namibie ingevoer word as hier wildsabbatoirs is? Kangaroo van australie? Die verbruiker betaal nogsteeds duur vir die eindproduk alhoewel die vervaardigers goedkoper alternatiewe gebruik om hul winsgrens groter te maak!! En die boer ly die hele tyd daaronder…..

H J Bester ·

En die Minister van Landbou het ‘n dowe oor vir die pleidooie van die Landbou-unie om maatreëls in te stel om die landbou te beskerm. Is hierdie ongeërgdheid van die ANC-regering die resultaat van onkunde of ‘n bedekte poging om die hoofsaaklik wit produktiewe boere van hul grond dryf ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.