TLU SA: Regering traag om brande te verhoed

Die Transvaalse Landbou Unie sê die regering voldoen nie aan wetgewing wat ten doel het om veldbrande te verhoed nie.

TLU SA sê in talle gevalle het die staat geen voorbereiding gemaak op sy grond vir die brandseisoen nie. Die adjunk-president van TLU SA, Louis Meintjies, sê daar is ook in baie gevalle nie voorbranding op die grond gemaak nie. Die oorsaak van brande wat verlede week in die Vrystaat en Noordwes gewoed het word steeds ondersoek. Meintjies sê volgens ʼn voorlopige ondersoek is dit duidelik dat die regering nie aan al die maatreëls van wetgewing voldoen nie. Hy sê talle van die brande is opsetlik of as gevolg van nalatigheid begin op reservate wat deur die staat besit word. Die Vredefort-omgewing is erg deur die brande geraak met nagenoeg 22 000 hektaar wat in die slag gebly het. Kroonstad, Zastron en Memel het ook erg deurgeloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.