TLU SA: Verhoor Malema ook oor nasionalisering, grondonteiening uitlatings

TLU SA sê die ANC moet sy jeugligaleier, Julius Malema, se verhoor uitbrei om ook sy uitlatings rakende nasionalisering en grondonteiening in te sluit.

TLU SA se president, Ben Marais, sê Malema se uitlatings het onberekende skade aangerig aan die land se ekonomie. Hy sê Malema se dissiplinêre verhoor, wat einde van die maand plaasvind, rakende sy uitlatings oor Botswana het nie so groot impak gehad op die land soos sy ander uitlatings nie. Marais sê Malema se verhoor is die ideale geleentheid om ook dié kwessies aan te spreek. Marais sê indien die ANC besluit om Malema nie oor die uitlatings ook te verhoor nie sal TLU tot die gevolgtrekking kom dat Malema die regering se beleid oor grondonteiening en nasionalisering weergee het. Die burgerregte organisasie AfriForum het vroeër gevra dat Malema ook aangekla word oor sy polariserende uitsprake teenoor minderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.