Dreigemente en aanvalle op landdroste is aan die toeneem en dit hou glo verband met die sake wat hulle aanhoor, volgens ʼn berig in die Sunday Times.
“Meeste van die landdroste is geregtig op beskerming wanneer ʼn dreigement aangemeld, beoordeel en bevestig is,” het Solomon Mahlangu, woordvoerder van die departement van justisie, aan die koerant gesê. Hy sê die departement is bewus van vyf landdroste wat reeds vanjaar dreigemente ontvang of by hulle huise aangeval is. Die Sunday Times berig onder meer dat ʼn landdros in die Wes-Kaap deur ʼn inbreker met ʼn mes gesteek is terwyl ʼn ander landdros se dogter met ʼn vuurwapen aangehou is. Volgens die berig is daar by nog ʼn landdros se huis ingebreek nadat hy in ʼn verhoor getuig het. Nazeem Joemath, president van die Vereniging van Regsprekende Amptenare (Joasa), sê landdroste se veiligheid moet ʼn prioriteit wees. “Ongelukkig is dit nie die geval nie.”
Ja, skyf die “handjievol” slagoffers van plaasaanvalle opsy sodat die ernstige saak van 5 landdroste wat “aangeval of gedreig is” ‘n prioriteit kan word. Sies, skaam julle self! Hoe kan iets wat skaars en klein is in vergelyking met die duisende marteldode beskou word as ‘n prioriteit?
Uitstekend verwoord !
Wed jou al hierdie landdroste is swart. Ons plaasboere word nie gedreig nie, hulle word summier gemartel en vermoor en altyd op die mees wreedaardigste wyse.