Toeris in Hazyview geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Toeris is vroeg Woensdagoggend in die been geskiet deur drie gewapende mans by ʼn lodge in Hazyview, Mpumalanga.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê drie gewapende mans het die deur van ‘n chalet waar twee mans van Holland geslaap het oopgebreek. “Hulle het binnegegaan en ʼn skoot afgevuur wat die toeris in die been getref het.” Die 55-jarige man is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en is ʼn paar uur later ontslaan. Mohlala sê die mans het die toeriste se toiletsakkies en ʼn platskermtelevisie gesteel. “Hulle het daarna na nog ʼn chalet gegaan waar hulle die deur oopgebreek het, ʼn platskermtelevisie gesteel en van die toneel gevlug het.” Een van die platskermtelevisies is later naby een van die chalets gevind. Die polisie soek steeds na die verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.