Toeris met helikopter van Tafelberg gered

Kasteelspoort, Tafelberg

‘n Toeris van Amerika is Donderdagoggend met ‘n helikopter van Tafelberg gered nadat sy tydens ‘n staptog verdwaal het.

“’n Toergids het Donderdag omstreeks 09:00 naby Kasteelspoort gestap toe hy ‘n vrou gehoor het,” het Keri Davids, woordvoerder vir die nooddienste, gesê. “Hy het teen die berg gehoor hoe ‘n vrou skree dat sy nie kan asemhaal nie en dat sy hulp benodig.”

“Ons het met ‘n helikopter oor die gebied gevlieg en die pasiënt sowat 100m van waar die toergids en sy groep kliënte haar gehoor het, opgespoor. Sy is met ‘n helikopter opgepik en hulle het by die parkeerarea van die kabelkarretjiestasie geland.”

Die vrou het glo Woensdag omstreeks 16:00 saam met ‘n groep gaan stap toe sy aan hulle meegedeel het dat sy op haar eie wou stap. “Omstreeks 18:00 het sy besef dat sy nie self kan afklim nie. Sy was die hele aand op die berg vasgekeer, maar het nie enige tekens van verkluiming getoon nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.