Toeris vas vir “klipsmokkel”

Argieffoto

Peter Knops van Nederland is in Turkye aangekeer nadat hy glo ‘n klip op die strand opgetel het wat hy wou saamneem huis toe.

Knops, wat met vakansie in Turkye was, is vir ‘n paar uur lank in ‘n sel aangehou maar is eers ‘n maand later toegelaat om die land te verlaat, berig De Standaard.

Die Turkse owerhede het gemeen dat die klip dalk van argeologiese waarde kan wees, wat dit toe ook inderdaad was. Knops is een jaar gevangenisstraf, wat voorwaardelik opgeskort is, en ‘n boete van ongeveer R5 000 opgelê.

Jason Dement van Mississippi in Amerika is in April vanjaar ook vlugtig in Turkye aangehou nadat hy klippe op die strand opgetel het. Twee van die klippe in sy sak was glo ook van argeologiese waarde.

Turkye is besonder ryk aan argeologiese skatte, en daar word soms spottend gesê dat as ‘n mens ‘n klip sien, dit waarskynlik van argeologiese waarde kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Melissa ·

Ag asseblief tog! Sal verseker nie ooit na Turkye toe gaan nie. Sommer simpel en belaglik!

annalie Muller ·

Reken as daar ‘n bordjie met waarskuwing op was,in ‘n taal wat universeel verstaan word,dat geen klip verwyder mag word nie,en dit is geignoreer,dan het hy gekry waarna hy gesoek het. Moeilikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.