Toeris verdrink in Plet

ʼn Duitse toeris het in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap verdrink.

Andrew Ingram, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die 50-jarige Duitser het Woensdagmiddag by die Dunes-karavaanpark by Keurboomstrand verdrink. Ingram sê die man is deur omstanders uit die water gehaal waarna hulle mond-tot-mond-asemhaling toegepas het. Die man is per ambulans na die Plettebergbaai Mediclinic geneem maar is op sy aankoms dood verklaar. Die toeris was op vakansie aan die Tuinroete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.