Toeriste deur ‘polisieman’ beroof

Vier toeriste is in Noordwes beroof deur ʼn man wat homself as ʼn polisieman voorgedoen het.

Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, sê vier toeriste van onderskeidelik Duitsland, Dubai, Finland en Portugal het Vrydagoggend in ʼn gehuurde bussie op die N4 gery. Makau sê die bussie is tussen Sun City en Tsetsing afgetrek terwyl hulle onderweg was na die Pilanesberg-natuurreservaat. Hy sê die bussie is deur ʼn man in ʼn silwer Mercedes Benz afgetrek waarna hy die bestuurder van die bussie vir sy bestuurslisensie en permit gevra het. Makau sê nog ʼn man het uit die Mercedes geklim waarna die twee mans die passasiers met ʼn vuurwapen aangehou het en van hul besittings beroof het. Die rowers het gevlug en is steeds soek. Niemand is beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miss Knysna. ·

Wat ek nie kan verstaan nie, is waar kry hierdie boewe die univorms? Dit wys jou net hoe die polisie hulle univorms laat rond le

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.