Toeriste in Egipte vermoor

Die Intercontinental-hotel in Hurghada

Argieffoto van die Intercontinental-hotel in Hurghada. Dit is nog nie bekend gemaak waar die paartjie vermoor is nie.

Twee toeriste van Switserland is in Hurghada, ʼn Rooisee-oord in Egipte, vermoor, het Switserland se ATS-nuusagentskap Vrydag berig.

Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.

Volgens media in Egipte is die paartjie van Switserland ʼn week gelede as vermis aangemeld en hulle is dood aangetref in ʼn villa. Die gebou se sekuriteitswag is glo die hoofverdagte in die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.