Toestand in Kaïro kalm, dodetal styg

Die toestand in die Egiptiese hoofstad, Kaïro, is volgens berigte Donderdag kalm nadat honderde mense dood is toe sekuriteitsmagte Woensdag op betogers toegeslaan het wat op die herinstelling van pres. Mohammed Morsi aangedring het.

Die amptelike dodetal mag dalk styg maar volgens die BBC staan dit tans op 525 en duisende mense is beseer.

ʼn Maandlange noodtoestand het Woensdag om 16:00 (Suid-Afrikaanse tyd) ʼn aanvangs geneem en dit sal ten minste ʼn maand lank duur.

Soldate het op betogers losgebrand wat chaos in die hoofstad veroorsaak het en gepoog het om die land se nagenoeg 84 miljoen inwoners verder te polariseer tussen diegene wat Morsi ondersteun en miljoene wat sy kortstondige heerskappy teengestaan het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.