Toilet-moord: Al vyf verdagtes in hof

 

Zondile (links) en Yonalisa Mali.

Zondile (links) en Yonalisa Mali.

Die vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle twee kleuters verkrag en vermoor het en hul liggame in ʼn toilethokkie in Diepsloot gelos het, verskyn Donderdag saam in die Pretoria-landdroshof.

Vier van die mans het verlede Vrydag in die hof verskyn op aanklag van verkragting, moord en ontvoering. Die saak is uitgestel vir die mans om vir regshulp aansoek te doen.

Die hoofverdagte (29) het Maandag in die hof verskyn. Hy is Vrydag in Alexandra, noord van Johannesburg, in hegtenis geneem. Hy het die polisie probeer ontduik sedert die liggame van Yonelisa Mali (2) en haar niggie, Zandile (3), verlede Dinsdag gevind is.

Ná die moorde bekend geword het, het inwoners van Diepsloot uit protes voertuie met klippe bestook asook bande, wat aan die brand gesteek is, in die straat buite die plaaslike polisiekantoor gegooi.

Lees ook:
Toilet-moorde: Verdagte in hof
Kindermoord: Verdagte in hof
Toilet-moord: Groot beloning uitgeloof
Toilet-moord: Inwoners ontstoke; drie word ondervra
Toilet-moord: Kleuters was glo vermis
Meisies se liggame in toilet aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.