Die vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle twee kleuters verkrag en vermoor het en hul liggame in ʼn toilethokkie in Diepsloot gelos het, verskyn Donderdag saam in die Pretoria-landdroshof.
Vier van die mans het verlede Vrydag in die hof verskyn op aanklag van verkragting, moord en ontvoering. Die saak is uitgestel vir die mans om vir regshulp aansoek te doen.
Die hoofverdagte (29) het Maandag in die hof verskyn. Hy is Vrydag in Alexandra, noord van Johannesburg, in hegtenis geneem. Hy het die polisie probeer ontduik sedert die liggame van Yonelisa Mali (2) en haar niggie, Zandile (3), verlede Dinsdag gevind is.
Ná die moorde bekend geword het, het inwoners van Diepsloot uit protes voertuie met klippe bestook asook bande, wat aan die brand gesteek is, in die straat buite die plaaslike polisiekantoor gegooi.
Lees ook:
Toilet-moorde: Verdagte in hof
Kindermoord: Verdagte in hof
Toilet-moord: Groot beloning uitgeloof
Toilet-moord: Inwoners ontstoke; drie word ondervra
Toilet-moord: Kleuters was glo vermis
Meisies se liggame in toilet aangetref
Peste!! Varke!