Toilet-moord: Groot beloning uitgeloof

Zondile (links) en Yonalisa Mali.

Zondile (links) en Yonalisa Mali.

Die Gautengse polisie het ʼn groot beloning uitgeloof vir enige inligting wat sal lei tot die suksesvolle vervolging en skuldigbevinding van die persone wat twee kleuters van Diepsloot in Gauteng vermoor en hulle lykies in ʼn toilethokkie gelaat het.

Die polisie is op soek na ʼn man wat verdink word van die moord op die twee kleuters. Hulle lyke is Dinsdagoggend deur ʼn lid van die gemeenskap in ʼn toilethokkie in Diepsloot opgespoor.

“Niemand is nog amptelik in verband met die moorde in hegtenis geneem nie,” het lt.kol. Lungelo Dlamini Donderdag gesê. Vier uitlanders is reeds deur die polisie ondervra.

Die vyfde man, die hoofverdagte, word nog gesoek. Die polisie het nou ʼn beloning van R100 000 uitgeloof en ook ʼn foto van die gesoekte man vrygestel.

toiletmoord verdagte

Die polisie is op soek na dié verdagte

Maroela Media het vroeër berig die twee niggies, Zondile (2) en Yonalisa Mali (3),is oor die naweek as vermis aangemeld. Volgens lede van die gemeenskap is die twee kleuters vir die laaste keer gesien toe hulle glo saam met ʼn onbekende man gestap het. Hulle is vermoedelik verkrag voordat hulle vermoor is.

Inwoners van Diepsloot het op ʼn verwoestingstog gegaan nadat die liggame gevind is. Die polisie het gesê hulle het ʼn spesiale taakspan saamgestel om die saak te ondersoek.

Lees ook:
Toilet-moord: Inwoners ontstoke; drie word ondervra
Toilet-moord: Kleuters was glo vermis
Meisies se liggame in toilet aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.