Toilet-moord: Klagtes teen vier mans teruggetrek

Zondile (links) en Yonalisa Mali.

Zondile (links) en Yonalisa Mali.

Klagtes teen vier van die vyf mans wat van die ontvoering, verkragting en moord op twee kleuters in Diepsloot beskuldig word, is Vrydag in die Pretoriase landdroshof teruggetrek.

“Die bewyse toon dat die mans nie ten tyde van die voorval in Diepsloot was nie,” het Matric Lupondo, staatsaanklaer, gesê.

Landdros Len Miller het die klagtes teen vier van die vyf mans teruggetrek, maar die vyfde man bly in aanhouding. Die saak is tot 27 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Toegang tot die hof is streng beheer met wagte by altwee ingange en die polisie het ook in die publieke galery gesit. Media, familie, ondersteuners van die familie en lede van politieke partye het die verrigtinge bygewoon.

Die vyfde man staar twee aanklagte van moord, verkragting en ontvoering in die gesig nadat Yonelisa Mali (2) en haar niggie, Zandile (3) se lykies op 15 Oktober in ʼn toilet in Diepsloot aangetref is. Hy sal ook aangekla word van die moord op die kleuter Anelisa Mkondo. Die polisie ondersoek nog die saak.

Vier van die mans het op 18 Oktober in die hof verskyn en die saak is uitgestel sodat hulle aansoek kon doen vir regshulp. Die vyfde man, ʼn 29-jarige, het op 21 Oktober in die hof verskyn. Hy is op 18 Oktober in Alexandra, Johannesburg in hegtenis geneem.

“Tydens die man se vorige verskyning in die hof op 24 Oktober het hy skuldig gepleit op die misdade van 15 Oktober,” het Medupi Simasiku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

Ontstoke inwoners van Diepsloot het, nadat hulle van die morde te hore gekom het, motors buite die plaaslike polisiestasie met klippe bestook en bande in die straat aan die brand gesteek.

Lees ook:
Nóg ‘n Diepsloot-kind verkrag
Toilet-moord: Vyf vlugtig in hof
Toilet-moord: Al vyf verdagtes in hof
Toilet-moorde: Verdagte in hof
Kindermoord: Verdagte in hof
Toilet-moord: Groot beloning uitgeloof
Toilet-moord: Inwoners ontstoke; drie word ondervra
Toilet-moord: Kleuters was glo vermis
Meisies se liggame in toilet aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.