Toilet-moord: Vyf vlugtig in hof

Yonalisa Mali se ma word deur familielede buite die hof vergesel. Foto: Werner Beukes / SAPA

Yonalisa Mali se ma word deur familielede buite die hof vergesel. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle twee kleuters verkrag en vermoor het en hul liggame in ʼn toilethokkie in Diepsloot gelos het, het Donderdag vlugtig in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Die saak is tot 1 November uitgestel om verder ondersoek te word. Die verdagtes bly in aanhouding tot dan.

Die hof was volgepak met inwoners van Diepsloot, familie en ondersteuners van politieke partye.

Medupi Simasiku, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het aan verslaggewers buite die hof gesê hulle hoop om teen 1 November genoeg bewyse teen die verdagtes te hê.

'n lid van Agang betoog buite die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

‘n lid van Agang betoog buite die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Hy het gesê die polisie werk saam met die departement van binnelandse sake om die identiteite van die mans te bepaal.

Die mans word aangekla van moord, verkragting, en die ontvoering van Yonelisa Mali (2) en haar niggie, Zandile (3), wie se liggame verlede Dinsdag gevind is.

Lees ook:
Toilet-moord: Al vyf verdagtes in hof
Toilet-moorde: Verdagte in hof
Kindermoord: Verdagte in hof
Toilet-moord: Groot beloning uitgeloof
Toilet-moord: Inwoners ontstoke; drie word ondervra
Toilet-moord: Kleuters was glo vermis
Meisies se liggame in toilet aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.