Toilet-moorde: Verdagte in hof

Zondile (links) en Yonalisa Mali.

Zondile (links) en Yonalisa Mali.

Die 29-jarige man wat beskuldig word van die moord en verkragting van twee Diepsloot-kleuters, het Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Die saak is tot Donderdag uitgestel wanneer vier mans, wat ook beskuldig word van die moord op Yonelisa Mali (2) en haar niggie, Zandile (3), by hom sal aansluit.

Medupe Simasiku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê die man het skuld erken op die moorde. “Hy het voor die polisie op twee aanklagte van moord, verkragting en ontvoering skuldig gepleit,” het Simasiku gesê.

Die verdagte moet nog in die hof pleit.

Hy is Vrydag in Alexandra in hegtenis geneem nadat hy uit Diepsloot gevlug het. Die kleuters se lykies is verlede Dinsdag in ʼn gemeenskaplike toilet opgespoor. Hulle is die vorige Saterdag as vermis aangemeld.

Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, het Maandag gesê die beskuldigde moet nie borg kry nie. “Hulle verdien nie borg nie, omdat ons kinders nie veilig is nie,” het sy gesê. Xingwana doen ʼn beroep op die hof om die swaarste straf op te lê vir misdadigers wat kinders teiken.

Lees ook:
Kindermoord: Verdagte in hof
Toilet-moord: Groot beloning uitgeloof
Toilet-moord: Inwoners ontstoke; drie word ondervra
Toilet-moord: Kleuters was glo vermis
Meisies se liggame in toilet aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.