Toilet-skoonmakers het glo N2 gesluit

Argieffoto

Stakende skoonmakers, wat verantwoordelik is om gemeenskaplike toilette in Kaapstad skoon te hou, was glo die rede dat die N2-snelweg in Kaapstad Maandag vir verkeer gesluit moes word.

Die Cape Times het Dinsdag berig sowat 108 werkers, wat onlangs deur die sanitasiediensteverskaffer Sannicare afgedank is, het die hoofweg onder meer versper met buitebande, wat aan die brand gesteek is, en het ook menslike ontlasting op die hoofweg gestort.

Sannicare is verantwoordelik om die gemeenskaplike toilette in die Gugulethu informele nedersetting skoon te hou.

Colin Priem, Sannicare se woordvoerder, sê die werkers is afgedank nadat hulle November aan ʼn onwettige staking deelgeneem het. Hulle is daarna weer in diens geneem, maar het weer verlede maand aan ʼn staking deelgeneem en is daarna weer ontslaan. Hulle het onder andere daarop aangedring om dubbelskofte te werk, wat onwettig is.

Maroela Media het Maandag berig ʼn gedeelte van die N2-hoofweg in Kaapstad moes Maandag vir verkeer gesluit word nadat betogers die pad versper het. Verkeer is vir vyf ure ontwrig en moes na alternatiewe roetes herlei word.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.