Toiletsituasie ‘n “skande”

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag gesê dit is ‘n skande dat meer as twee miljoen huise in die land nie toilette het nie.

“Die departement van menslike nedersetting het erken dat hy nie teen Desember 2014 dié aanvraag sal kan aanspreek nie,” het Steven Mokgalapa, woordvoerder vir die party, gesê. “Die minister, Tokyo Sexwale, het bekendgemaak dat daar 2.278 miljoen huise in Suid-Afrika nie toilette het nie. Dit is ‘n absolute skande.”

Sexwale het reageer op ‘n vraag van die DA aan die parlement oor die sperdatum om die agterstand van basiese sanitasiedienste aan te spreek. Die DA voer aan Sexwale se onvermoë om die fasiliteite te voorsien is ‘n skending van die reg tot menswaardigheid. Sexwale blameer egter swak bestuur by munisipaliteite en ‘n tekort aan fondse dat hulle nie dié sperdatum sal kan haal nie.

Mokgalapa sê die situasie vereis ‘n drastiese ingryping deur die parlement. Hy doen ‘n beroep op Sexwale om “’n volledige verslag oor die vordering en bevinding van die taakspan wat in September 2011 op die been gebring is” aan die parlement voor te hou. Hy sê die minister moet verduidelik watter stappe gedoen gaan word om die taakspan se voorstelle te implementeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Dit is wel waar dat daar ‘n groot gebrek is aan toilette by huise in dorp- en stedelike gebiede en vertrou mens maar dat die probleem mettertyd opgelos sal word.

My kwelling met toilette is egter die feit dat, veral in die Kaap waar die ANC alles in sy vermoë probeer doen om die plaaslike DA-regering in diskrediet te bring, self die aanwesigheid al dan nie van openbare toilette in die townships, ‘n strydpunt gemaak is. En alhoewel die meeste toilette in die plakkersgebiede tot die gebruik van alle inwoners is en die DA dit goedgedink het om dit te ommuur met sinkplate, hierdie beskuttings deur ANC-lede afgebreek is.

Wanneer ‘n gebruiker self geen bydra lewer tot die fasiliteite wat aangebring is nie, behoort dit minstens gerespekteer te word en nie, soos in die Kaap, verniel te word nie. Verder is dit opmerklik dat meeste gemeeskaplike toilette in die openbaar is en dus geen privaatheid skep nie maar is my kommer egter die feit dat die inwoners self geen inisiatief neem om dit meer privaat te maak deur ‘n beskutting daarom te plaas/te bou nie – alles moet eenvoudig deur “iemand” gedoen word. Dis net wanneer jy self iets prakseer, dat daar respek en waardering daarvoor sal wees. Dit bestaan ongelukkig nie !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.