Toiletwoede laat man sterf

ʼn Man is Maandagoggend in Irene, Pretoria, doodgeslaan omdat hy vermoedelik nie ʼn toilet gespoel het ná hy dit gebruik het nie.
Die voorval het in Jan Smutslaan plaasgevind, berig LookLocal Centurion. Na wat verneem word, het ʼn rusie tussen twee Brinant Security-werknemers by die maatskappyhuis waar hulle tuisgaan, uitgebreek. ʼn 43-jarige man het die 55-jarige slagoffer glo herhaaldelik met ʼn baksteen geslaan. Dit wil ook voorkom of die man tydens die voorval met ʼn voorwerp gesteek is. Die slagoffer het halfnaak uit die huis gehardloop en in die straat ineengestort.
Netcare911 personeel het die man op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.