Tokio-vrou maak polisie mal met oproepe

telefoonDie polisie in Tokio het ’n vrou in hegtenis geneem nadat sy hulle meer as 15 000 keer in ses maande gebel het.

Overvaal Stereo het Donderdag berig plaaslike owerhede in Tokio het die 44-jarige vrou gereeld besoek en haar gevra om dié lastige gewoonte stop te sit. Sy het egter nie hieraan gehoor gegee nie, waarna hulle haar in hegtenis geneem het. Volgens die polisie het sy soms tot 927 noodoproepe per dag gemaak.

Die owerhede, wat nie vermoed dat die vrou aan ’n geestelike afwyking ly nie, sê dat haar foonoproepe sinneloos was.

Bron: Overvaal Stereo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.