Die aankondiging is Saterdag gemaak dat Tokyo die Olimpiese Spele in 2020 sal aanbied, nadat hy Istanbul vir dié voorreg uitgestof het.
Shinzo Abe, eerste minister van Japan, het ‘n charismatiese pleidooi aan die Olimpiese komitee gerig en beloof dat Japan se kernaanleg “onder beheer” is.
Tokyo het met 60 stemme die aanbod gewen teenoor 36 stemme vir Istanbul nadat Madrid ná die eerste ronde uitgestem is.