Tolstelsel: Só raak dit jou sak

Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het goeie en ook slegte nuus gehad vir Gauteng motoriste tydens sy begrotingsrede.

City Press berig dat tolfooie vir die beplande tolstelsel in Gauteng met meer as die helfte verminder sal word, van die huidige 66c per kilometer na 30c per kilometer vir ligte voertuie. Tolfooie vir gereelde gebruikers sal nie R550 oorskry nie. Daar is intussen ook aangekondig dat die tolstelsel op 30 April in werking sal tree. Alternatiewe roetes soos die R55 en die R101 sal intussen deur die regering opgradeer word. Die regering sal vir eers op motoriste se eerlikheid staatmaak om hulle tolfooie te betaal hoewel daar later wysigings gemaak sal word aan wetgewing wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) in staat sal stel om die betaling van tolfooie af te dwing.

Gordhan, die minister van vervoer Sbu Ndebele en ander rolspelers het vroeër vanoggend die inligting bekendgemaak. Gordhan sê die vermindering in tolfooie is moontlik gemaak deur die Nasionale Tesourie wat Sanral R5,75 miljard gaan gee om te help met sy skuld. Hy sê die tesourie was “gelukkig” om die ekstra geld te kry om tolfooie te verlaag. Die geld kom van meer belastinggeld wat ingesamel is. Hy sê die vermindering in tolfooie het ten doel om “die las op Suid-Afrikaanse pendelaars te verlig.” Verskeie groepe, insluitend Cosatu en die DA het gedreig om die tolstelsel te boikot indien daar nie ander maniere gevind word om dit te befonds nie.

Die nuwe fooie is as volg:

Motorfietse: 20cm/km
Ligte voeruie: 30c/km
Vragmotors sonder vrag: 75c/km
Vragmotors met vrag: R1,51c/km
Taxi’s, busse en ander openbare vervoer voertuie: gratis

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.