Toltariewe in Staatskoerant bekendgemaak

tolhekkeDie beplande e-toltariewe vir Gautengse hoofweë is Woensdag in die Staatskoerant gepubliseer.

Paul Joubert, ʼn senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, het aan Maroela Media gesê dit blyk nie of daar enige veranderinge aan die bedrae van die tariewe self gemaak is teenoor die bedrae wat in Mei 2013 in die Staatskoerant gepubliseer is nie.

“Daar is klein veranderinge aan sommige van die bewoording in die skedule van tariewe, maar niks wat met die eerste oogopslag noemenswaardig voorkom nie,” het hy gesê.

“Daar is wel noemenswaardige veranderinge aan die meegaande regulasies gemaak. Een van die veranderinge blyk te wees dat waar Sanral nie voorheen verplig was om fakture na wanbetalers te stuur nie, die padagentskap nou wel verplig word om fakture na die wanbetaler se adres toe te stuur voordat wanbetalers vervolg kan word. Die omvang van wat as oortredings klassifiseer, is ook verminder,” het hy bygevoeg.

Volgens die Staatskoerant van 24 Mei 2013, asook die jongste Staatskoerant, sal ʼn geregistreerde e-tolskyfiegebruiker vir talle soorte afslag op die standaard-toltariewe in aanmerking kom. Die belangrikste afslag is ʼn algehele verlaging van sowat 48% op die standaard-tariewe. Die gepubliseerde standaard-tarief vir die ‘Tarentaal’-tolhek is byvoorbeeld R4,99, maar ʼn geregistreerde e-skyfiegebruiker sal slegs R2,58 betaal. Geregistreerde e-tolskyfiegebruikers kry ook afslag vir gereelde gebruik, wat ʼn maksimumperk van R450 tolgeld per maand insluit. Daar is ook afslag buite spitstye, maar dit is nie eksklusief tot geregistreerde e-skyfiegebruikers nie.

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Maandag gesê die e-tolstelsel kan voor die einde van die jaar in werking tree. “Ons het verlede week die regulasies finaliseer en gaan vandeesweek die tariefstruktuur uitwerk, waarna dit aan die publiek bekend gemaak gaan word,” het Peters gesê. Die tariewe sal vir 30 dae lank publiseer word, waartydens die publiek kommentaar daaroor kan lewer. “Na die 30 dae sal dit tussen sewe en 14 dae neem voor die e-tolstelsel in werking tree.”

Joubert het gesê indien die e-tolstelsel wel voor die einde van die jaar in werking tree, dit sowat twee en ʼn half jaar ná die oorspronklike implementeringsdatum van April 2011 sal wees. “Nietemin is die kans goed dat die regering en Sanral voor die einde van 2013 sal begin verwag dat enigiemand wat onderdeur een van die tolhekke ry, die toepaslike fooi moet betaal. Of die meerderheid van motoriste dit wel sal doen, bly egter ʼn ope vraag,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marius Barnard ·

Soos ek verstaan was die “hofbeslissing” eers vanoggend – hoe het die “staatskoerant” dit reg gekry om dit te “publish” twee of drie ure later ….. ek ruit WEEREENS ‘n rot !!

Paul ·

Marius, gestel jy weet dat ‘n hofbeslissing met ‘n “ja” of “nee” antwoord kan kom vir iets wat jy wil doen. Sal jy dan nie gereed staan om voort te gaan indien die besluit “ja” is nie? Dis tog net normale common sense – geen vreemde sameswering is nodig nie. (Dit beteken natuurlik nie dat daar geen sameswering is nie – die feit dat die publikasie so vinnig kon gebeur, is bloot nie relevant nie.)

Marlene Hanekom ·

Paul het jy dalk ‘n moevies groot afslag gekry om jou kommentaar te plaas.Die hele e-tol storie stink tesame met SANRAL en die ANC en al die mense wat die ”tags”gekoop het en die saak ondersteun.

K@bous ·

Ons is mos almal “STUPID,” want ons agbare regering het al lankal hulle minds opgemaak oor wat ons moet betaal…..Weereens is ons gevang!

Eben ·

Nou om daardie geld bymekaar te kry om die rekeninge uit te stuur!

Paul ·

Lees gerus weer my kommentaar met aandag deur, Marlene Hanekom. Met aandag.

H J Bester ·

Paul, ek het al geleer dat baie van die lesers wat hier kommentaar lewer, nie in alle gevalle goeie insig het van die onderwerp waaroor dit gaan nie – meeste het slegs ‘n vooropgestelde idee en blaker allerhande snert links en regs uit sonder in agneming van die werklike feite. Volstaan dus maar by jou aanvanklike skrywe en steur jou nie te veel aan ongevraagde opmerkings nie.

Melissa ·

So wanneer gaan die tariewe styd?? Janaury 2014?? haha

Droom aan Sanral, daars baie mense wat nie e-tags gaan koop nie, en julle gaan julle boude af sukkel om al die rekeninge uit te stuur!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.