Die liggaam van ‘n 51-jarige man is Saterdag onder die puin van die Tongaat-winkelsentrum, wat Dinsdag ineengestort het, opgespoor.
“Ons kan bevestig dat die liggaam van ‘n 51-jarige man opgespoor is. Dit bring nou die dodetal op twee te staan,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. “Die opruimingswerk duur voort.”
Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.
‘n Vrou is dood en 29 mense beseer nadat ‘n gedeelte van die winkelsentrum, wat nog in aanbou is, Dinsdag ineengestort het.
Die polisie het Donderdag bevestig dat een mens nog vermis word. Die polisie kan egter nie die moontlikheid uitsluit dat nog mense onder die puin vasgekeer is nie.
Lees ook:
Tongaat-winkelsentrum moontlik gesloop
Nog een vermis ná winkelsentrum ineenstort
Glo geen goedgekeurde bouplanne vir Tongaat-winkelsentrum
Ondersoek ná winkelsentrum ineenstort
Minstens een dood, talle beseer na winkelsentrum ineenstort
Foto’s: 50 werkers moontlik in winkelsentrum vasgekeer