Toordokter gee moetie vir ‘stroper’

Argieffoto

ʼn “Toordokter” is verlede week in hegtenis geneem nadat hy glo moetie aan ʼn Mosambiekse renosterstroper gegee het.

Bheki Mthembu (55) is buite die Phinda Wildreservaat in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat die vermeende stroper vasgetrek is, het die Daily News berig. Mthembu sal van sameswering om ʼn misdaad te verskans, aangekla word. Volgens die Daily News in Durban het Sazi Mhlongo, president van die KwaZulu-Natal se tradisionele genesersvereniging, gesê Mthembu is nie ʼn tradisionele geneser (sangoma) nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.