Top-polisieman dood aangetref in kantoor

Argieffoto

Argieffoto

Lt.gen. Layton Mzondeki (Sean) Tshabalala, ʼn senior beampte in die polisie, se liggaam is Dinsdagoggend deur sy kollegas in sy kantoor by die SAPD-hoofkantoor in Pretoria opgespoor.

EWN berig die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie. Die polisie het in ʼn verklaring gesê hy is Maandagaand oorlede.

Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, het aan EWN gesê Makgale is laas Maandagmiddag by sy kantoor gesien. “Ons ondersoek die omstandighede rondom sy dood,” het Makgale gesê.

Tshabalala was die afdelingskommissaris van die polisie-inspektoraat en voormalige hoof van die polisie se BBP-eenheid. Hy is in die ouderdom van 47 oorlede.

“Hy sal onthou word vir sy waardevolle bydrae tot doeltreffende dienslewering in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die afgelope 19 jaar,” het Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.