Top polisieman se aanstelling weer teruggetrek

Riah Phiyega Foto: GCIS/SAPA

Riah Phiyega Foto: GCIS/SAPA

Lt.gen. Bethuel Mondli Zuma se aanstelling as nuwe kommissaris van die polisie in Gauteng is Saterdag, ure ná die aankondiging, weer teruggetrek.

Phiyega sê sy was nie bewus van die kriminele ondersoek teen Zuma nie. “Ek het vandag ná die perskonferensie bewus geword van die aanklagte teen hom. Ek het dadelik met hom vergader om die feite te bevestig,” het Phiyega in ‘n verklaring gesê. “Hy het bevestig dat hy sedert 2008 reeds verskeie kere in die hof verskyn het toe die saak aangehoor is. Hy sal in September weer in die hof verskyn.”

Phiyega is vroeër Saterdag in Pretoria as Gautengse provinsiale kommissaris aangewys. Hy is tot luitenant-generaal bevorder.

Phiyega het gesê alle werknemers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in Mei gevra om bekend te maak of hulle enige hangende kriminele ondersoek teen hulle het. Versuim om enige aanklag aan te meld sal as ‘n ernstige misdryf beskou word. “Ek het daarom die besluit geneem om permanent sy aanstelling terug te trek. Tugstappe sal teen maj.gen. Zuma gedoen word omdat hy versuim het om dié hangende kriminele klagte te verklaar.”

Lt.gen. Lesetja Mothiba, afdelingskommissaris vir sigbare polisiëring, sal tot verdere kennisgewing waarneem as provinsiale kommissaris van Gauteng.

“In die tyd wat ek maj.gen. Zuma ken, het hy voorgekom as ‘n waardige en geskikte en toegeweide polisiebeampte en leier. Ek is hartseer en teleurgesteld in hom,” het Phiyega gesê.

Zuma het 20 jaar ondervinding as ‘n polisiebeampte. Hy is nie verwant aan pres. Jacob Zuma nie.

Lees ook:
Nuwe top polisieman van Gauteng glo aangekla

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Colin ·

Nou hoeveel van die ouens en vrouens lieg nog oor dit? En hoeveel meer oningelig is ons civvie kommissaris nog? Flater op flater en die hoof nar sit en lag seker in Nkandla….

Seg Net ·

Ek is hartseer en teleurgesteld in hom,” het Phiyega gesê.
En ons in die polisie.
Ook dankie aan daardie handjievol wat nog toegewyd is en hulle werk doen omdat hulle wil.
Vandag iets gehoor wat vir my heel sin gemaak het. Het met iemand oor die telefoon gepraat en die gesprek het in die rigting van die onbevoegdheid van die polisie gelei. Hy seg my toe dat die polisie wat die klagtes ondersoek en uitgeroep word van heel verkeerde adresse voorsien word. Hy beweer dat van die mense wat die klagtes ontvang, indien iemand bel, nie Afrikaans verstaan nie of indien ‘n blanke ‘n klag indien die persoon die verkeerde adres met opset deurgee of die klagtes glad nie deurgee nie. Dit klaar baie dinge op indien dit die waarheid is.

Rudie Thirion ·

“Phiyega is vroeër Saterdag in Pretoria as Gautengse provinsiale kommissaris aangewys.” Phiyega is nie as Gautengse Provinsiale Kommissaris aangewys nie. Sy is reeds die Nasionale Kommissaris. Dis nie maj.gen nie dis Genl Maj.

Trippie ·

LoL … dis reg, Google-funksie (translate) word gebruik. Hoekom kry so min mense die rang verkeerd.

Trippie ·

Nou tik ek skoon verkeerd … hoekom kry so min mense dit reg;)

Erich Goosen ·

Me Piyega het baie onlangs gese om ‘n goeie hoof van die SAPD te wees is net so maklik as om die hoof van ‘n groot besigheid, bank of ander instelling te wees. Ek kan my nie herinner dat Maria Ramos, Whitey Basson of wie ookal in daardie gesogte postre is, daar gekom het bloot omdat hulle goeie bestuursbeginsels toepas nie. As sy bv die HUB van Checkers/Shoprite of FNB was, sou die instellings lankal bankrot gewees het vanwee haar onoordeelkundige aanstellings. Me Piyega, gaan terug en doen waarvoor u opgelei is (maatskaplike werker) en dalk kan u daar ‘n verskil ten goede maak. U selfvoldaanheid het die naweek binne enkele ure op u ineengetuimel.

Gert Malan ·

Generaal Piyega, ek salueer jou vir jou “guts” vir die besluit wat jy geneem het. Jy voer daad by die woord. Jy moet maar net baie versigtig wees, iewers gaan jy pakslae kry want jy het die moed gehad om op te staan teen korrupsie. Jy kan maar vergeet van enige verdere bevordering, dit kan ek jou belowe. Die berig verklaar dat die Zuma nie familie is van ou skeeloog nie. Ek wonder maar net. Aan die ander kant, hou die nuus dop, hierdie Zuma is nou verontreg, iewers gaan hy ‘n hoe pos in een van die staatsdepartemente kry, “mark my words”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.