“Top-polisieman” verskyn vandag in hof

Bethuel Mondli Zuma

Bethuel Mondli Zuma

Lt.gen. Bethueli Mondli Zuma, die man wat vir ʼn paar uur lank Gauteng se provinsiale polisiekommissaris was, verskyn vandag in die Pietermaritzburg-landdroshof op onder andere ‘n aanklag van beweerde dronkbestuur.

Riah Piyega, die nasionale polisie kommissaris, het Zuma op 31 Augustus as Gauteng se kommissaris aangestel, maar hom kort daarna weer ontslaan toe sy van die hangende sake teen hom bewus gemaak is.

Natasha Ramkisson, ʼn woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Dinsdag se verhoor sal bepaal wat Zuma se toekoms behels.

Zuma is in September 2008 in Pietermaritzburg in hegtenis geneem vir beweerde dronkbestuur en omdat hy versuim het om by ʼn padblokkade stil te hou. Daar word ook beweer dat hy glo verkeersbeamptes verhoed het om bloedmonsters te neem om sy alkholvlakke te toets, en dat hy homself vir twee ure lank in ʼn huis toegesluit het.

Phiyega het gesê sy was nie bewus van die kriminele aanklagte teen Zuma nie en is streng gekritiseer omdat sy glo nie behoorlike agtergrondtoetse oor hom gedoen het, voor sy hom in dié prestige-pos aangestel het nie.

Zuma is nie verwant aan president Jacob Zuma nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willy ·

Hierdie suiplap Zuma sal ook seker soos Manto voor in die ry ingedruk word vir ‘n leweroorplanting soos hy en ou Bacchus hand om die blaas loop.

Eben ·

2008? …. WTF!!! Wat gebeur met my. as WIT MAN as ek myself toesluit in die huis?

Wie sê die zuma is nie familie van zumie van zumaville? Sê wie, is daar bloedtoets geneem om dit te bevestig? :-)

Willy ·

Bloedtoets Eben? By hierdie suiper is dit bloed in die alkoholstroom.

Gert Malan ·

Waarom word die feit/bewering dat hy nie verwant aan skeeloog is nie, so beklemtoon? As dit ‘n witman was wat soos hierdie “top poliesman” (whaaaaaaaaaaaahaha) opgetree het, was die kanse goed dat hy dodgeskiet sou gewees het! Wat is die kanse dat hy sal loskom…….. 100%!!

Johan Viljoen ·

Plaas dat hulle die dronk vetgat aankla van poging tot moord. Want jy is n potensiele moordenaar as jy dronk after n stuurwielinklim

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.