ʼn Senior polisiebeampte is Dinsdag in die Pietermaritzburg-landdroshof vrygespreek op aanklag van dronkbestuur en verset teen inhegtenisneming.
Landdros Reard Abrahams het bevind dat die staat nie bo redelike twyfel kon bewys dat lt.gen. Bethuel Zuma skuldig is nie.
Zuma het verlede jaar hoofopskrifte gehaal toe hy as Gauteng se polisiekommissaris aangestel is, maar sy aanstelling ʼn paar uur later teruggetrek is toe besonderhede oor dié saak aan die lig gekom het.
Abrahams het Dinsdag gesê die twee staatsgetuies, Luke Johanson en Karen Bishop, altwee beamptes van die padverkeersinspektoraat, het teenstrydige getuienis gelewer. Volgens Abrahams het die beamptes nie die standaardprosedure gevolg toe verklarings afgeneem is ter voorbereiding van die saak nie, ondanks hul nege jaar lange ondervinding as beamptes. Die verklarings het ook nie alle besonderhede bevat nie.
Zuma is van dronkbestuur aangekla, beskuldig dat hy uit aanhouding ontsnap het, dwarsboming van die gereg en dat hy op 19 Desember 2008 in Pietermaritzburg nie voldoen het aan ʼn verkeersbeampte se opdragte nie.
Zuma het na die hofverrigtinge aan verslaggewers gesê hy is bly dat die waarheid geseëvier het. -SAPA
Lees ook:
Top-polisieman weer in hof oor beweerde dronkbestuur
Top-polisieman verskyn vandag in hof
Nuwe top-polisieman van Gauteng glo aangekla
Top-polisieman se aanstelling weer teruggetrek
Die 2 beamptes het natuurlik ietsie gekry vir hul slapg@tgeit.
Altyd onskuldig. Kry altyd alles reg en stap altyd vry uit die Hof – ongeag wat. Niks verbaas my meer nie.