Top- ses finaliste van die grootste Afrikaanse sakeplankompetisie word aangekondig

Argieffoto.

Argieffoto.

Die ses topfinaliste in wat beskou word as die grootste Afrikaanse sakeplankompetisie van die jaar, is Maandag bekendgemaak. Die ses finaliste is gekies uit ʼn poel van 50 semifinaliste wat deurgedring het na die tweede fase van die Akademia Sakeplankompetisie wat hierdie jaar nasionaal in samewerking met die Riskflow Instituut, Investec Batebestuur en die Atterbury Trust aangebied is. Die finaliste is (in alfabetiese volgorde volgens voorname):

Nuwe sake-idee

  • Andries Els                     Pretoria           Almoto Motorfietse
  • Ceward Thornhill        Krugersdorp   Pynappelbier
  • Erika Lessing                Frankfort         Kasteelkop Gastehuis

Bestaande sakeondernemings

  • Coenie Erasmus            Pretoria           Helendergie Sonpanele
  • Justin van der Walt    Kaapstad         Just Pc’s
  • Renita Fourie                Bloemfontein  Chiren Chick

Die ses finaliste sal op 26 November hul sakeplanvoorleggings in Afrikaans aan ’n internasionale paneel van ses beoordelaars. Hierdie beoordeling vind deur die loop van die oggend plaas in die Atterbury Teater in Akademia se eie, unieke weergawe van Dragons’ Den. Die finaliste het elk ʼn half-uur tyd waartydens hulle die beoordelaars van hul kennis en vertroue in hul sakeplan sal moet oortuig. Tydens ʼn glansfunksie die aand in die Atterbury Teater sal die finaliste vir oulaas die geleentheid kry om die gehoor en beoordelaars te oorreed dat hul sakeplan die wenner moet wees. Prysgeld ter waarde van ongeveer R150 000,00 per kategoriewenner is op die spel, en sluit die volgende in:

  • ʼn Kontantbedrag;
  • ʼn Kontantinspuiting vir die wenner se sakeondeneming;
  • bykans 90% se afslag op mentorskap vir ’n jaar;
  • ’n driejaarstudiebeurs in kleinsakebestuur en entrepreneurskap.

Die sakeplankompetisie is in 2013 van stapel gestuur met die uitsluitlike doel om entrepreneurs en sakeondernemings te bemagtig om hul ondernemings se volhoubaarheid te verbeter. Volgens Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, is ʼn sakeplan juis die bloudruk van enige onderneming se doen en late, en kan die opstel en deurlopende terugverwysing hierna van kardinale belang vir ʼn onderneming se volhoubare voortbestaan wees.

Vir meer inligting aangaande die sakeplankompetisie se gala-aand, asook die Akademia Sakeplankompetisie vir 2014, kontak gerus vir Chris du Plessis op [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Claudine Le Roux (Thornhill) Lategan ·

Ek is die trotse dogter van Ceward Thornhill. Wat ‘n groot voorreg om saam met hom deur hierdie prosedure en ongelooflike projek te kon stap. Dadda, Ek is BAIE trots op Dad!!

Ceward Thornhill ·

Ek blaai vanmore weer deur al my werkstukke van die akademia sakeplankompetisie,en is opnuut dankbaar vir al die instansies wat betrokke was by die daar stel van hierdie kompetisie, dit strek veel verder as die prysgeld, ons was geleer om jou denke en drome vas te le in ‘n sakeplan wat konstuktiewe riglyne vir jou gee in tye wat dit mag moeilik gaan. Die uurglas van hierdie kompetisie is besig om uit te loop,26 Nov is om die draai, ons sien almal uit na ‘n groot dag en aand waar nuwe vindingryke idees geopenbaar gaan word en nuwe entrepreneurs op die sake horison gaan verskyn
Stekte aan al die finaliste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.