TopTV bring weer aansoek om porno te wys

Die betaalkanaal TopTV het weer ʼn aansoek by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid in Suid-Afrika (Okosa) ingedien om drie 24-uur-pornografiekanale in Suid-Afrika bekend te stel.

Eddie Mbalo, uitvoerende hoof van TopTV, het gerugte dat hy die aansoek gebring het om die maatskappy, wat in ondernemingsredding is, te red ontken. TopTV het begin verlede jaar ook ʼn aansoek gebring om pornografie uit te saai maar het binne twee maande geen terugvoer van Okosa ontvang nie en besluit om daarmee voort te gaan. Okasa het toe ʼn dringende aansoek voor die hooggeregshof in Johannesburg gebring en daar is beslis dat TopTV nie mag voortgaan met sy planne voor Okosa dit goedgekeur het nie. Mbalo sê TopTV sal nou aan openbare verhore oor die aangeleentheid deelneem en ook van die geleentheid gebruik maak om te verduidelik watter beskermende meganismes hy in plek sal sit vir die volwasse inhoud.

Multichoice het in 2010 sy plan bekendgemaak om pornografie uit te saai maar dit later laat vaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.