“TopTV mag porno wys”, sê advokaat

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het gehoor dat hulle “geen ander keuse” het as om TopTV toe te laat om drie pornografiese kanale uit te saai nie.

Beeld berig dat ʼn openbare verhoor Donderdag by Okasa se kantoor in Sandton gehou is. Advokaat Steven Budlender het tydens die verhoor gesê Okasa het nie die reg om die stasie te verbied om die betalende kanale van die buiteland uit te saai nie.

“Dit maak nie saak wat ek, die Okosa-raad, enige politieke party of organisasie oor pornografie op TopTV dink nie. By regte het Okasa nie die mag om TopTV ʼn lisensie te weier nie; inteendeel, dit sal eintlik ongrondwetlik wees as toestemming weerhou word,” het Budlender gesê.

TopTV het vroeër vanjaar ʼn regspan aangestel om te veg om regte te bekom om Playboy, Desire en Private Spice tussen 20:00 en 05:00 te vertoon. Eddie Mbalo, TopTV se hoofuitvoerende beampte, het erken dat hulle hoop dit meer intekenaars sal lok, aangesien die maatskappy finansiële probleme het.

Die verhore duur voort.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.